On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

OFM-joernalis wen gesogte Vodacom-toekenning

───   KARIEN JORDAAN 09:39 Sat, 01 Nov 2014

OFM-joernalis wen gesogte Vodacom-toekenning | News Article

Bloemfontein - OFM senior joernalis, Christal-Lize Muller, het gisteraand stof geskop in die oë van die res van Suid-Afrika se radio-joernaliste.

Sy het die gesogte nasionale Vodacom Journalist of the Year-toekenning opgeraap met haar radio-insetsel oor die Korkie-gesin se beproewing.
 
Die voormalige Bloemfonteinse onderwyser, Pierre Korkie, is 17 maande gelede in Jemen gevange geneem en sy gesin wag steeds angstig op sy vrylating.
 
Christal-Lize het 'n eksklusiewe onderhoud met Pierre se vrou, Yolandé gevoer - 'n onderhoud waarvoor en waarin sy vernuftige joernalistieke talent aan die dag gelê het.

Karien Jordaan/OFM-nuus

Podcasts

Christal-Lize Muller:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.