On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Zuma verleng wéér Seriti-kommissie se spertyd

───   10:23 Sat, 01 Nov 2014

Zuma verleng wéér Seriti-kommissie se spertyd | News Article

Pretoria - Pres. Jacob Zuma het die spertyd vir die Seriti-kommissie se ondersoek na die wapentransaksie weer verleng.

Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, het gesê die kommissie se spertyd is tot 30 April 2015 verleng. “Die kommissie sal binne ses maande nadat hy sy ondersoek afgehandel het 'n finale verslag aan die president voorlê,” het hy gesê.

Zuma het die Seriti-kommissie van ondersoek in 2011 op die been gebring om bewerings van korrupsie in die wapentransaksie te ondersoek. Die regering het onder meer 26 Gripen-vegvliegtuie en 24 Hawk-vegvliegtuie vir die lugmag, en fregatte en duikbote vir die vloot aangekoop.

Die kommissie moes sy ondersoek al in November 2013 afgehandel het, maar het Zuma vir 'n 12 maande uitstel gevra.

Die kommissie moes dus teen November 2014 sy ondersoek voltooi het maar het nou weer grasie gevra.
 
Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.