On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Human Interest

Ds. Wollie se beurtkragdiens

───   DANE BEISHEIM 16:19 Tue, 25 Nov 2014

Ds. Wollie se beurtkragdiens | News Article

Bloemfontein - Ds. Wollie Grobler is ‘bekommerd’ dat hy eersdaags op straat lastig geval gaan word om hulp te verleen aan die elektrisiteitlose massas wat deurloop onder die huidge vlaag van beurtkragsessies soos ingestel deur Eskom.

Dit kom na 'n voorval pasafgelope Sondag tydens een van die Klipkerk in Bloemfontein Noord se Kerssangdienste.
 
Volgens Ds. Grobler is hy laatmiddag kennis gegee dat die krag af sou wees, wat planne vir die diens belemmer het.
 
Maar Grobler vertel dat daar toe eindelik lig was.
 
“Ek was besig om te bid op daardie stadium en besluit om só die boodskap vir die laatkommers oor te dra dat die krag af is en ons nie die liedere se woorde op die oorhoofse skerm kan projekteer nie.”
 
“En toe gaan ek voort en bid verder deur te sê ‘Dankie dat U die lig vir ons wêreld is, en ek wil vra dat U lig in ons harte sal skyn, en dat alhoewel ons nie elektrisiteit het nie dat ons verlig deur U Woord sal wees, Amen!”
 
Met die dat Ds. Grobler “Amen” sê het die krag  tot die vermaak van die gemeente weer aangegaan.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.