On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Beurtkrag later die week SA se voorland

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:23 Wed, 26 Nov 2014

Beurtkrag later die week SA se voorland | News Article

Bloemfontein - Beurtkrag gaan na verwagting teen die einde van die week oor die land heen ingestel word.

Eskom-woordvoerder, Andrew Etzinger, sê die elektrisiteitsverskaffer kon vandeesweek nie daarin slaag om sy oopsiklus gasturbines met voldoende addisionele dieselvoorraad te vul nie.
 
Eskom se hidro-elektriese kragstasies is ook die afgelope paar dae ten volle ingespan. Hy sê die situasie is soortgelyk aan die situasie verlede week.

Etzinger sê addisionele dieselvoorraad word aangekoop, maar dit word vinnig op gebruik. Daarmee saam is die proses baie duur en beloop sowat R2-miljard per maand.
Intussen kondig Solidariteit môre tydens ? mediakonferensie 'n aksieplan aan om verligting in die heersende krisis rondom elektrisiteitsvoorsiening te help bring.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Andrew Etzinger:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.