On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Human Interest

The Thorn Birds-outeur sterf

───   09:42 Fri, 30 Jan 2015

The Thorn Birds-outeur sterf | News Article

Die Australiese outeur Colleen McCullough, wat die gewilde roman The Thorn Birds geskryf het, is op die ouderdom van 77 na 'n lang siekbed oorlede.

Dertig miljoen kopie&>35; van The Thorn Birds is w&>34;reldwyd verkoop en dis ook in 'n televisiereeks verwerk. McCullough is gister in 'n hospitaal op Norfolk-eiland oorlede, waar sy vir 40 jaar lank gewoon het. Sy het jare gelede haar sig verloor, maar het van toe af haar boeke dikteer. Voordat sy begin skryf het, het McCullough neurowetenskap studeer en 10 jaar aan die Yale Mediese Skool in die Verenigde State gewerk. Tydens haar skryfloopbaan het sy 25 romans geskryf met die laaste, Bittersweet, wat in 2013 voltooi is. Sky News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.