On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Human Interest

Gewasse “gekul” om droogte te weerstaan

───   13:27 Mon, 09 Feb 2015

Gewasse “gekul” om droogte te weerstaan | News Article

New York - Amerikaanse wetenskaplikes het daarin geslaag om met die toediening van ’n bekende swamdoder plante te “kul” om meer droogtebestand te wees.

Die toediening het die plante se natuurlike reseptore geprikkel om minder water aan die atmosfeer af te gee.

Die bevindings van die navorsing is pas in die vakjoernaal, Nature, gepubliseer.

Die bestaan van die reseptore wat plante in staat stel om minder water af te gee, is reeds ‘n geruime tyd aan wetenskaplikes bekend.
In 2006 is vasgestel waar hierdie reseptore gesetel is. Die vraag was hoe om die reseptore tydens droër toestande te stimuleer om water te bewaar.

Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.