On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Human Interest

Agtag-toep bied platform vir landbou

───   SABRINA DEAN 17:23 Thu, 12 Feb 2015

Agtag-toep bied platform vir landbou | News Article

Bloemfontein - Slimfoongebruikers wat in die landbousektor belangstel kan nou ‘n verskeidenheid inligting op ‘n enkele platform besigtig danksy die nuwe toep, Agtag.

Volgens Sonet Bergh van Big Door, wat onder meer ook landboupublikasies uitgee, beskou hulle hulself amper as museumkurators.

Sy sê die toep is op so ‘n manier ontwerp dat gebruikers dit volgens hul persoonlike behoeftes kan aanpas. Jy kan byvoorbeeld kategorieë waarin jy nie belang stel nie, de-aktiveer.
Bergh sê inhoud word intern en ekstern verkry en sluit ook navorsing deur kundiges in.
 
Die toep, wat laas jaar geloods is, is gratis beskikbaar via Google Play Store vir Androidfoongebruikers of I-Tunes vir diegene wat Apple gebruik, of besoek http://www.agtag.co.za/.
 
Sabrina Dean/OFM-nuus

Podcasts

Sonet Bergh :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.