On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Africa News

MDC: Mugabe-uitlatings is kras en rassisties

───   06:56 Tue, 03 Mar 2015

MDC: Mugabe-uitlatings is kras en rassisties | News Article

Harare - Zimbabawe se amptelike opposisie, Movement for Democratic Change het president Robert Mugabe se uitlatings oor wit boere tydens sy 91ste verjaardagviering as kras en rassisties bestempel.

Partyleier, Morgan Tsvangirai het ook gesê Mugabe se dreigement om die plase, wat nog deur wit boere in dié land besit word, af te neem, streng veroordeel.
 
Tsvangirai sê beleggers sal nooit in 'n land belê wat deur 'n onverdraagsame, korrupte en rassistiese opsweper regeer word nie. Na raming behoort 300 tot 400 plase steeds aan wit boere.
 
Tsvangirai sê Mugabe se uitlatings is veral onvanpas inaggenome dat die Zimbabwiese president tans voorsitter van twee vername Afrika-organisasies is, naamlik die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Afrika-unie.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.