On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Human Interest

Singapoer weer duurste stad ter wêreld

───   08:54 Tue, 03 Mar 2015

Singapoer weer duurste stad ter wêreld | News Article

New York - Singapoer is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die wêreld se duurste stad aangewys.

'n Opname deur die ekonomiese intelligensie-eenheid het lewenskoste in die stad New York as basis gebruik en gevind dat die suid-oos Asiese stad die topposisie onder 130 stede beklee.
 
Die top vyf stede - Singapoer, Parys, Oslo, Zurich en Sydney - is onveranderd sedert verlede jaar, 'n situasie wat die eenheid as baie seldsaam beskou.
 
Die opname, wat twee keer 'n jaar gedoen word, vergelyk pryse van meer as 160 produkte en dienste in 140 stede en 93 lande. Dit word beskou as 'n manier vir buitelandse inwoners om toelae vir lewenskoste en vergoedingspakkette te bereken.
 
Sapa
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.