On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Human Interest

Nog geen reëlings bekend oor Bultfontein-bejaardes se begrafnisdienste

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:38 Fri, 06 Mar 2015

Nog geen reëlings bekend oor Bultfontein-bejaardes se begrafnisdienste | News Article

Bloemfontein - Nog geen finale begrafnisreëlings is bekend vir vyf inwoners van die Bult-aftreeoord op Bultfontein nie, wat gister in ‘n ongeluk buite die dorp gesterf het.

Die aftreeoord se bestuurder, Gert Bezuidenhout, sê van die familielede van Lettie Muller, Daan Minnie, Dinie Aschar, Charlotte Lategan en Marie Ehlers was al by die aftree-oord om reëlings te tref.
 
Hy sê verskillende dienste behoort na verwagting teen die einde van volgende week plaas te vind. Volgens Bezuidenthout is inwoners van die aftreeoord steeds getraumatiseerd.

Bezuidenhout sê Daphne van Rensburg, Wynand Breytenbach, Elna Kotze en Sielie Syfert is ernstig beseer en word in die Mediclinic Bloemfontein behandel. Volgens hom was die bussie op pad terug van ‘n uitstappie by Soetdoring naby Bloemfontein.
 
Die polisie sê die ongeluk het gebeur toe 'n bakkie, agter die bussie waarin die inwoners gery het, glo probeer het om die bussie verby te steek.
 
Die bakkie het  weens 'n aankomende voertuig terug na sy baan beweeg en die bussie getref. Die bussie het omgeslaan en in die veld beland.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus
 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.