On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Human Interest

Jeremy Clarkson se kontrak nie hernieu

───   18:31 Wed, 25 Mar 2015

Jeremy Clarkson se kontrak nie hernieu | News Article

Die BBC het bevestig dat Top Gear-aanbieder Jeremy Clarkson se kontrak nie hernieu gaan word nie nadat hy en 'n vervaardiger van die program glo in 'n fisiese onderonsie betrokke was.

Volgens BBC het sy direkteur-generaal, Tony Hall, gesê die besluit is nie ligtelik geneem nie. Clarkson is op 10 Maart geskors. Hy en Oisin Tymon, ‘n vervaardiger van Top Gear, was glo die vorige dag in 'n fisiese onderonsie betrokke omdat daar glo nie kos was vir Clarkson ná die dag se verfilming nie.

Die besluit om Clarkson te skors het tot groot ontsteltenis onder Top Gear-aanhangers gelei en meer as 'n miljoen mense het 'n petisie onderteken vir sy heraanstelling.
 
Top Gear, een van BBC2 se gewildste programme, sal na verwagting voortgaan. Daar is egter nog geen duidelikheid of Clarkson se mede-aanbieders, James May en Richard Hammond, sal aanbly nie.

Top Gear het 'n geskatte gehoor van 350 miljoen mense wêreldwyd.
 
Dié uiters gewilde motorprogram het in 1977 op BBC Midlands begin.
 
Die program hou die wêreldrekord vir die nie-fiksie program wat die meeste kere nóg in die wêreld gekyk is. Meer as 14 miljoen mense hou van Top Gear op Facebook en meer as 'n miljoen mense volg die program op Twitter.

Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.