On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Human Interest

Rice Krispies-lekkerny haal Guiness World Records

───   09:39 Mon, 13 Apr 2015

Rice Krispies-lekkerny haal Guiness World Records | News Article

Madison - Studente aan die Universiteit van Wisconsin-Madison het gister 'n Rice Krispies-lekkerny voorberei wat meer as 5 en 'n half ton weeg en wat hulle hoop die Guiness World Records sal haal.

Soos alle goeie planne het die idee ontstaan nadat studente van verskillende koshuise mekaar uitgedaag het. Die lekkerny is omtrent 6 en half voet lank en is sowat 1000 pond, of sowat 450 kg swaarder as 'n soortgelyke lekkerny wat in 2010 in Kalifornië gemaak is en wat wel deur Guiness World Record erken word. Vervaardigers het 9 000 pond malvalekkers, 5 500 pond Rice Krispies en 900 pond botter vir die poging geskenk. Die soetdingetjie sal nou opgesny word en verkoop word om geld vir welsynsorganisasies in Wisconsin in te samel. Reuters

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.