On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Human Interest

Noodlanding na werker in vliegtuigbagasieruim aan die slaap raak

───   09:28 Tue, 14 Apr 2015

Noodlanding na werker in vliegtuigbagasieruim aan die slaap raak | News Article
'n Alaska Airlines-vlug moes gister 'n noodlanding by die Seattle-lughawe maak nadat ontdek is dat 'n werknemer in die bagasieruim aan die slaap geraak het. 'n Loods van Alaska Airlines, vlug 448 sê hy het harde geluide en 'n geskree in die bagasieruim gehoor nadat die vlug van die Seattle-Tacoma internasionale lughawe opgestyg het. Die loods het besluit om die vliegtuig te land, waarna die werker binne die temperatuur-beheerde, drukvaste bagasieruim gevind is. Die werker het aan owerhede gesê dat hy daar aan die slaap geraak het. Hy is ongedeerd, maar na die hospitaal geneem as 'n voorsorgmaatreël. Reuters

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.