On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Human Interest

Prins George kry baba sussie

───   08:44 Sun, 03 May 2015

Prins George kry baba sussie | News Article

Londen - Die hertog en hertogin van Cambridge, William en Kate, is 'n baba dogter ryker.

Kensington-paleis het gistermiddag getwiet dat Prins George se jonger suster om 08:34 gebore is.
 
Hulle het verder laat weet dat die nuweling sowat 3.7kg weeg, dat William by die geboorte teenwoordig was en dat beide ma en baba in goeie gesondheid was.
 
Die gesin het omstreeks 18:00 die St. Mary's-hospitaal verlaat nadat hulle die slapende bondeltjie vir die wêreld gewys het.
 
Die vierde Britse troonopvolger moet nog 'n naam kry; beroepswedders glo dat sy waarskynlik Alice, Elizabeth, Charlotte of Victoria sal heet.
 
-news24.com

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.