On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Sithole-moordverhoor - twee wil pleitooreenkoms aangaan

───   15:45 Mon, 04 May 2015

Sithole-moordverhoor - twee wil pleitooreenkoms aangaan | News Article

Johannesburg - Die verhoor van die vier mans wat beskuldig word van die moord op die Mosambiekse straatverkoper Emmanuel Sithole is in die Alexandra-landdroshof uitgestel.

Mthinto Bhengu, Sizwe Mngomezulu, Ayanda Sibiya en Sifundi Mzimela het na bewering Sithole verlede maand in 'n straat in Alexandra, noord van Johannesburg, met 'n mes doodgesteek. Hulle staan tereg op aanklagte van moord en roof.
 
Foto’s van Sithole wat aangeval word en bloeiend langs die straat lê, het op die voorblad van Sunday Times verskyn en 'n opskudding op sosiale media veroorsaak. Bhengu en Sibiya het aan die hof gesê hulle wil 'n pleitooreenkoms met die staat aangaan.
 
Hul medebeskuldigdes, Mngomezulu en Mzimela, het aangedui dat hulle skuld sal ontken.
 
Die saak is tot 13 Mei uitgestel.

Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.