On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Human Interest

Amerikaanse president kry Twitter-rekening

───   08:37 Tue, 19 May 2015

Amerikaanse president kry Twitter-rekening | News Article

Washinton - Die Amerikaanse President Barack Obama het pas sy eie Twitter-rekening gekry.

Die Amerikaanse Presidensie het bevestig dat Obama self sy Twitter-rekening sal behartig. Sy rekening, genaamd @POTUS (vir President Of The United States) het binne 'n paar uur meer as 'n miljoen volgelinge gehad. Die Wit Huis sê die Twitter-rekening is 'n manier vir die president om direk met Amerikaners te kommunikeer en slegs hy sal op die rekening twiet. Sy eerste twiet het gelui: "Hello, Twitter! Dis Barack. Regtig! Ses jaar later het hulle my uiteindelik my eie rekening gegee". Tot dusver het die rekening sowat 1.52 miljoen volgelinge en die president volg self 65 persone, waaronder Harvard Universiteit, Chicago White Sox, die voormalige Amerikaanse presidente George Bush Senior en Bill Clinton en natuurlik sy vrou, Michele Obama. BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.