On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

World News

VN bekommerd oor burgerlikes in Palmyra

───   08:12 Fri, 22 May 2015

VN bekommerd oor burgerlikes in Palmyra | News Article

Palmyra - Die Verenigde Nasies (VN) sê dit blyk dat Siriese magte in Palmyra burgerlikes verhoed het om die stad te verlaat.

Islamitiese militêre magte (IS) het gister die stad heeltemal onder beheer geneem. Die VN sê in 'n verslag hulle is diep bekommerd oor die burgerlikes wat vasgekeer is, veral nadat dit aan die lig gekom het dat summiere teregstellings van burgerlikes plaasvind. IS het ook 'n wêreld erfenisgebied langs die nuwer deel van die stad in besit geneem, wat kommer wek oor die gebied se toekoms. Die militêre groep het reeds verskeie antieke terreine en kunswerke, wat voor die onstaan van Islam opgerig of geskep is, vernietig. Die VN se kulturele organisasie Unesco, sê die vernietiging van die erfenisgebied sal 'n reuse verlies vir die mensdom wees. BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.