On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Special Reports

Spesiale verslag: Yolandé Korkie twee jaar later

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:21 Wed, 27 May 2015

Spesiale verslag: Yolandé Korkie twee jaar later | News Article

Bloemfontein - Vandag twee jaar gelede is die Bloemfonteinse onderwyser-egpaar, Pierre en Yolandé Korkie, in Taiz, in die noord-ooste van Jemen deur ‘n gewelddadige bende ontvoer.

Hulle is daarna vir sowat sewe maande saam deur lede van die terreurgroep Al-Kaïda in die land gyselaar gehou. Yolandé is in Januarie verlede jaar na lang bevrydingsonderhandelings deur die Suid-Afrikaanse noodleningsorganisasie, Gift of the Givers, sonder ‘n losprys vrygelaat. Sy het kort daarna na hul kinders, Pieter-Ben en Lize-Marie, in Bloemfontein teruggekeer. Pierre, is in Desember, enkele ure voor sy vryheid, in ‘n mislukte reddingspoging deur die Amerikaanse spesiale magte doodgeskiet in ‘n poging om sy medegyselaar, Luke Somers, te ontset.
OFM-nuus senior verslaggewer, Christal-Lize Muller, het by Yolandé gaan uitvind hoe dit nou met haar en hul kinders gaan.  

Podcasts

Spesiale verslag: Yolandé Korkie:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.