On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Human Interest

SAners drink 5miljard liter alkohol per jaar

───   THANDI XABA 18:50 Wed, 27 May 2015

SAners drink 5miljard liter alkohol per jaar | News Article

Bloemfontein - Suid-Afrikaners drink sowat 5-miljard liter alkohol per jaar.

Dit is volgens die mediese navorsingsraad. Hierdie syfers is in die staatskoerant gepubliseer en word vandeesweek tydens 'n openbare debat bespreek.
 
Die minister van handel en nywerheid Rob Davies, beplan om die wettige ouderdom om drank te gebruik, tot 21-jaar te verhoog.
 
Maar, Danie Cronje, van Cluver Markotter-prokureurs, sê dié voorstel sal bloot veroorsaak dat drank onwettig aangekoop word.

Deel van die voorstelle van die minister sluit in dat drankwinkels minstens 500-meter van skole, kerke en hospitale geleë moet wees.
 
Dranklisensies sal ook nie meer toegestaan word aan vulstasies of plekke naby openbare vervoernetwerke nie. Verder sê plaaslike drankwinkeleienaars dat dié maatreëls kleiner beleggers sal afskrik.
 
Thandi Xaba/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.