On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Human Interest

Fredi Nest dood na kankerstryd

───   12:00 Fri, 03 Jul 2015

Fredi Nest dood na kankerstryd | News Article

Fredi Nest is vandag ná ‘n kort stryd teen kanker oorlede. Sy lewensmaat, Sylvia, het die nuus bevestig.

Nest is in Mei vanjaar met ‘n breingewas gediagnoseer, waarna hy onmiddellik met behandeling by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria begin het. Die kanker het egter ook vinnig na die res van sy liggaam versprei en medici was dit eens dat dit te veel was om verwyder te word en dat sy prognose uiters swak was.
 
In 'n verklaring deur Select Musiek sê die maatskappy:
"Fredi Nest se kollega’s by Select Musiek neem met groot hartseer, maar baie goeie herinneringe, afskeid van ‘n man wie se passie vir die lewe en musiek geen einde geken het nie. Ons wéét dat sy musiek vir nog baie lank, nes met diegene wie se voete jeuk vir ‘n lekker dans, vuurwarm in ons harte sal brand!"
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.