On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

LUR-naamskendingsaak: 'Te laat om nou te beweer redakteur wou artikel terugtrek'

───   REFILWE GAESWE 14:11 Wed, 29 Jul 2015

LUR-naamskendingsaak: 'Te laat om nou te beweer redakteur wou artikel terugtrek' | News Article

Bloemfontein - The Weekly se regsverteenwoordiger, in die naamskending-verhoor van voormalige Vrystaatse LUR Dan Kgothule, het vanoggend ontken dat die koerant se oorlede redakteur ooit gesê het dat hy die artikel, waaroor die herrie gaan, sou terugtrek.

Norman Arendse sê Simphiwe Mboyane is vier jaar na die gewraakte artikel oorlede en dit help niks dat Sibongile Tsoeleli, wat destyds voorsitter van die betrokke portefeuljekomitee was, nou namens hom dié bewering maak nie.

Die voormalige Vrystaatse LUR van Sport, Kuns en Kultuur, Dan Kgothule, dagvaar die Vrystaatse koerant, The Weekly, vir R250 000 vir naamskending.

Dit nadat dié weeklikse koerant tydens Kgothule se termyn, in 'n artikel in Augustus 2010, berig het dat sy senior personeel oor sy gedrag kla; ook dat Macufe onder sy leierskap geen wins toon nie en dat Pacofs in chaos gedompel is.

Premier Ace Magashule het Kgothule verlede jaar die trekpas gegee.

Sy regsverteenwoordiger, Hennie Stander, sê Kgothule wil met die hofsaak sy eer en waardigheid herwin.

Die saak dien voor regter Albert Kruger in die hooggeregshof in Bloemfontein en is vir drie dae op die rol geplaas.

Kgothule het gisteroggend aan die hof gesê dat hy tans werkloos is terwyl hy sy studies voortsit by Kovsies en die SUT.

Refilwe Gaeswe/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.