On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Human Interest

Akademie vir Wetenskap en Kuns bring hulde aan wyle TT Cloete

───   DANE BEISHEIM 16:56 Wed, 29 Jul 2015

Akademie vir Wetenskap en Kuns bring hulde aan wyle TT Cloete | News Article

Potchefstroom - Die Akademie vir Wetenskap en Kuns het sy simpatie met die ontslape T.T. Cloete se naasbestaandes betuig.

Die bekroonde digter en letterkundige is vroeg vanoggend op die ouderdom van 91 in die hospitaal oorlede.
 
Hoof Uitvoerende Beampte, Dione Prinsloo, sê dit was vir die Akademie 'n jarelange voorreg om by Cloete se lewe en loopbaan betrokke te kon wees. Sy sê die jongste uitgawe van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, is juis aan hom opgedra.

Alanka Craffert van PUK-kunste sê Cloete was vir haar soos 'n tweede pa en oupa.

'n Gedenkdiens vind Saterdagoggend om 11:00 uit die NG kerk Vyfhoek in Potchefstroom plaas.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus 

Podcasts

Dione Prinsloo:

Alanka Craffert:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.