On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Human Interest

Jay môre ontslaan na perdryongeluk

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:27 Thu, 13 Aug 2015

Jay môre ontslaan na perdryongeluk | News Article

Bloemfontein - ‘n Operasie aan die sanger Jay du Plessis se geskeurde ooglid vanoggend in die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein het goed afgeloop en hy word môre ontslaan.

Jay se agent, Corné Oosthuizen, sê daar is geen permanente skade aan die ooglid nie. Dit kom nadat die sanger Dinsdag op ‘n jagplaas by Zastron van ‘n perd afgeval het.

Oosthuizen het gister aan OFM-nuus gesê die saal se buikgordel het gebreek.

Volgens Oosthuizen sou Jay gisteraand saam met leerlinge van die Hoërskool Zastron in 'n skoolkonsert optree. Jay se suster woon op Zastron en hy sou gratis optree as deel van ‘n geldinsamelingsprojek. Sy suster se kinders is in die skool.

Oosthuizen sê Jay sal moontlik later weer in Zastron optree, terwyl dit nog onduidelik is of hy gereed sal wees om die naweek in Krugersdorp te sing.

Jay het ook sy oogbank gebreek en sy niere en ribbes gekneus.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.