On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Roubeklaers vir LUR se begrafnis reeds vandag verwag

───   CATHY DLODLO 07:10 Wed, 02 Sep 2015

Roubeklaers vir LUR se begrafnis reeds vandag verwag | News Article

Kimberley - Roubeklaers vir die onstlape LUR vir onderwys in die Noord-Kaap, Grizelda Cjiekella-Lecholo, word na verwagting reeds vandag in die provinsie verwag.

Cjiekella-Lecholo is verlede Donderdagaand skielik in die hospitaal oorlede.

Lid van die provinsiale wetgewer en adjunk- provinsiale sekretaris van die ANC-vroueliga in die provinsie, Gail Parker, sê daar gaan altesaam twee gedenkdienste voor die begrafnis die komende naweek gehou word.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het reeds Cjiekella-Lecholo se familie besoek.

Parker, ‘n lid van die begrafniskomitee wat in oorleg met die familie verantwoordelik is vir die reëlings, sê verskeie provinsies het aangedui dat hulle busse vir roubeklaers beskikbaar stel.

Cathy Dlodlo/OFM Nuus

 


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.