On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

National

Myners staak oornag by Driefontein-aanleg

───   OWEN KOCK 17:53 Wed, 02 Sep 2015

Myners staak oornag by Driefontein-aanleg | News Article

Driefontein - Sowat 1 200 werkers by Driefontein se Masakane-skag het omstreeks 11:00 Woensdag na die oppervlak gekom nadat hulle Dinsdag ondergronds met 'n onwettige staking begin het.

Hulle wil hê die myn moet aanspreeklikheid aanvaar vir die dood van een van hul kollegas wat ondergronds gesterf het. Volgens Sibanye Gold se James Wellsted word daar gewag vir die uitslag van toetse om die oorsaak van Mosioua Kanono se dood te bepaal.

Wellsted sê die mynvakbond Amcu sou ‘n massavergadering met die werkers hou, maar hulle het besluit om te staak nog voordat die vergadering kon plaasvind.

Owen Kock/OFM-nuus


Podcasts

James Wellsted:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.