On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Human Interest

Navorsing toon daar is meer as drie triljoen bome op aarde

───   09:26 Thu, 03 Sep 2015

Navorsing toon daar is meer as drie triljoen bome op aarde | News Article

Cambridge - Nuwe navorsing toon dat daar net meer as drie triljoen bome op aarde is.

Dit is agt keer meer as 'n vorige skatting, wat die hoeveelheid bome op sowat 400 biljoen geskat het.

Die studie is deur Thomas Crowther en sy kollegas aan die Yale Universiteit in die VSA gedoen. Die groep het massa- grondopmetingsdata asook satellietbeelde in die studie gebruik.

Die studie, wat in die vaktydskrif Nature verskyn, sê daar is dus meer as 420 bome vir elke mens op die planeet.

Die bevindinge sal nou gebruik word as basislyn in verskeie navorsingstoepassings, soos nuwe klimaatsmodelle, aangesien bome 'n belangrike rol in die verwydering van kweekhuisgasse uit die atmosfeer speel.

BBC

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.