On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Human Interest

Capuchin-apies in natuur vrygelaat

───   CATHY DLODLO 14:40 Thu, 03 Sep 2015

Capuchin-apies in natuur vrygelaat | News Article

Bloemfontein - Die verhaal van Hansie en Grietjie – die twee Capuchin-apies, wat die verbeelding van die publiek aangegryp het toe hulle deur die dierebeskermingsvereniging in Bloemfontein van hulle mense-ouers in Zastron verwyder is - het ‘n gelukkige einde gekry.

Dié apies is na ‘n suksesvolle rehabilitasieprogram vrygelaat.

Joyce Marais en Frikkie Bosch van Zastron is in Junie vanjaar skuldig bevind en op aanklagte van dieremishandeling en die onwettige invoer van die apies, gevonnis.

Die DBV het op die apies beslag gelê nadat die klaers aangedui het dat die apies brandewyn en coke gevoer word. Die DBV se Reinet Meyer het destyds gesê dat die apies in ‘n bedenklike toestand was.

Volgens dié organisasie se Facebook-blad is die apies nou blakend gesond en veilig in die natuur vrygelaat. Vir hul veiligheid is dit nie bekend gemaak waar hul nuwe tuiste is nie. 

Cathy Dlodlo/OFM-nuus
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.