On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Daar was glo sameswering om Bloemfonteindrawwer te vermoor

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:47 Thu, 03 Sep 2015

Daar was glo sameswering om Bloemfonteindrawwer te vermoor | News Article

Bloemfontein - Die familiewoordvoerder van die Bloemfonteinse vrou wat bykans vyf weke gelede aangerand is terwyl sy gedraf het, sê hulle is dankbaar drie verdagtes is weens die voorval vas.

Hy sê die familie van die drawwer, wat verkies om anoniem te bly, loof die polisie vir hul deeglike werk en goeie diens. Dit kom nadat Charmaine le Roux, haar dogter Charndrei en hul beweerde tuinier, Jerry Brummer, vandag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn het.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller berig dat hulle aangekla word van poging tot moord, sameswering om ‘n moord te pleeg en roof.

Die drie verdagtes is Dinsdag buite die stad in hegtenis geneem.

OFM-nuus verneem vertroulik dat Charndrei bekend is aan die vrou wat aangeval en vir die dood in ysige koue agter gelaat is.

Die aangeklaagdes se advokaat, Willem Edeling, het in die hof aangevoer Charndrei is ‘n kankerlyer en moet behandeling ontvang. Landdros Cornelius Mokgobo het daarna beveel sy kan medies behandel word, terwyl sy en haar ma in aanhouding is by die Parkweg-polisiekantoor tot hul eerskomende Dinsdag aansoek kan doen om borgtog.

Die hof het ook beveel dat Brummer medies ondersoek moet word na hy glo in aanhouding deur die polisie aangerand en met elektrisiteit geskok is. Edeling het gesê Brummer is nog doof in die linkeroor na die beweerde aanranding. Dit is nog onduidelik of ‘n klag van aanranding teen die polisie ingedien gaan word.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

 
 
 


Podcasts

Christal-Lize Muller:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.