On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Human Interest

Dít laat Suid-Afrikaners se bloed kook

───   DANE BEISHEIM 17:11 Tue, 22 Sep 2015

Dít laat Suid-Afrikaners se bloed kook | News Article

Johannesburg - Verkeersknope, tou-springers en mense wat dink reëls geld nie vir hulle nie, maak deel uit van die lys van tien dinge wat Suid-Afrikaners se bloed laat kook.

Dit is volgens 'n pas vrygestelde gesondheidsopname onder meer as 1 300 mense. Die opname is gedoen deur die land se voorste verskaffer van hart- en beroerte-behandeling, Pharma Dynamics.

Taxibestuurders was heel bo aan die lys.

Pharma Dynamics-woordvoerder, Mariska van Aswegen, sê die peiling is gedoen in 'n poging om Suid-Afrikaners van die erns van hartgesondheid bewus te maak.

SA se top-10 struikelblokke volgens die opname is:
 
1. Taxi-bestuurders
2. Tou-springers
3. Mense wat dink reëls geld nie vir hulle nie
4. Swak maniere
5. Beurtkrag
6. Onbeskoftheid in die algemeen
7. Om deur baie outomatiese telefoon-opsies te gaan en dan steeds te moet wag vir jou oproep om beantwoord te word
8. Verkeersknope
9. Rook rondom kinders
10. Spoeg in die openbaar

Dane Beisheim/OFM-nuus
 

 


Podcasts

Mariska van Aswegen:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.