On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Human Interest

Hommeltuig gaan renosterstropers stuit

───   CATHY DLODLO 17:53 Wed, 30 Sep 2015

Hommeltuig gaan renosterstropers stuit | News Article

Bloemfontein - Die Vereniging van Staatsamptenare in Suid-Afrika het plaaslike sakeondernemings uitgedaag om die Vrystaatse departement van toerisme, omgewing- en ekonomiese sake en kleinsake-ontwikkeling te help in sy stryd teen renosterstroping.

Die vereniging sê die jongste beskikbare statistieke wys dat meer as 1 200 renosters verlede jaar en reeds 800 vanjaar in die land gestroop is.

In die Vrystaat is sewe renosters vanjaar geskiet.

Die Vrystaatse bestuurder van die PSA, Gerhard Koorts, sê hulle gaan ‘n gesofistikeerde hommeltuig, ter waarde van sowat R60 000, aan die departement skenk.

Cathy Dlodlo/OFM-nuus


Podcasts

Gerhard Koorts:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.