On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landboumaatskappye OVK en GWK wil saamsmelt

───   06:44 Fri, 02 Aug 2013

Landboumaatskappye OVK en GWK wil saamsmelt | News Article
Dirk Kok

Die direksies van die landboumaatskappye OVK en GWK het bekend gemaak dat hulle begin het met onderhandelinge om saam te smelt.

’n Maatskappy met ’n nuwe naam en hoofkantoor in Bloemfontein word in die vooruitsig gestel.

Die plan is dat die nuwe maatskappy uit die huidige persele bedryf sal word, met sterk streekkantore op Ladybrand en Douglas.

Die direksies sê die plan is dat die bestaande maatskappye eers vir ’n bepaalde tyd afsonderlik onder die nuwe naam bedryf sal word.

Die samesmelting sal onderhewig wees aan waardasies, noulettendheidsondersoeke, goedkeuring deur die Mededingingskommisie en finale goedkeuring deur die aandeelhouers.

GWK en OVK se direksies sê samesmelting kan baie voordele inhou vir aandeelhouers en ander belanghebbendes.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.