On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Afgri-oorname kan in Maart afgehandel wees

───   12:21 Thu, 30 Jan 2014

Afgri-oorname kan in Maart afgehandel wees | News Article
Dirk Kok - Die landboumaatskappy Afgri sal, as alles volgens plan verloop, vroeg in Maart teen R2,4 miljard deur die private beleggersgroep AgriGroupe oorgeneem word.
Afgri se uitvoerende hoof, Chris Venter, sê die beplande oorname word nou deur die Mededingingskommissie ondersoek. Indien die Mededingingstribunaal dit goedkeur, behoort Afgri teen 8 Maart oorgekoop en 'n private maatskappy te wees. Afgri se aandeelhouers het in November ten gunste van dié oorname gestem.
'n Implimenteringsooreenkoms is daarna onderteken.
AgriGroupe is 'n grootliks Amerikaanse konsortium van beleggers. Volgens AgriGroupe sal een van sy aandeelhouers die SEB-groep Bafepi Agri insluit. Bafepi word deur die Openbare Beleggingskorporasie gesteun.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.