On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Chinese beplan groot abbatoir, vleisaanleg in Lesotho

───   09:00 Thu, 14 Aug 2014

Chinese beplan groot abbatoir, vleisaanleg in Lesotho | News Article
Dirk Kok
 
Bloemfontein - Die voorsitter van die RPO, Lardus van Zyl, sê daar is groot geleenthede vir rooivleisboere, onder meer weens die stygende vraag en planne van ’n Chinese groep wat ’n abbatoir en vleisverwerkingsaanleg vir die verwerking van duisende beeste in Lesotho wil bou.  
 
Van Zyl het vanoggend in sy presidentsrede op die RPO se nasionale kongres in Bloemfontein gesê die Chinese groep beplan om 700 000 beeste per jaar te slag en verwerk. Die RPO is in gesprek met hierdie groep.  
 
Daarmee saam skep die wisselkoers gulde geleenthede vir uitvoere. Rooivleisverbruik sal tot 2022 met 20% styg. Boere gaan meer rooivleis móét produseer.
 
Met die regering se voorligtingsdienste wat nie meer soos van ouds funksioneer nie, gaan die RPO en landboumaatskappye produksie-raadgewers in die veld móét instoot, om boere op die plase by te staan. Geld gaan hierin ingepomp móét word.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.