On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-NW wil groter en sterker word

───   06:49 Thu, 04 Sep 2014

Agri-NW wil groter en sterker word | News Article

Potchefstroom - Lede van Agri-Noordwes het op hul jaarkongres besluit om dié organisasie te herstruktureer en te versterk vir beter dienslewering aan boere en vir doeltreffende bedinging met munisipaliteite.

Die plan is om dié organisasie se struktuur mettertyd volgens die grense van die vier distriksmunisipaliteite en 19 munisipaliteite te herskik.
 
Daarmee saam wil Agri-Noordwes sy ledetal uitbrei en in elk van die distrikte 'n besturende amptenaar aanstel.
 
Dié voorstel is deur die voorsitter van Agri Setlagole, Willem de Chavonnes Vrugt, ingedien.

Agri-Noordwes se nuutverkose president, Pierre Vercueil, het ook gesê die tyd het aangbreek vir groter samewerking tussen die provinsie se wit en swart kommersiële boere, sodat daar uit een mond met die regering gepraat kan word oor landbousake.
 
Dirk Kok/ OFM-nuus 

Podcasts

Willem de Chavonnes Vrugt:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.