On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

Sonneblomaanleg in NW kry ‘n hupstoot

───   SABRINA DEAN 13:52 Fri, 13 Feb 2015

Sonneblomaanleg in NW kry ‘n hupstoot | News Article

Lichtenburg - NWK, in samewerking met Louis Dreyfus Commodities Africa (LCD), beoog om bykans R80 miljoen te belê om die Epko-sonneblomsaad-persaanleg op Lichtenburg op te gradeer.

Dit in ‘n poging om die aanleg se kapasiteit te verhoog.
 
Besturende direkteur van NWK, Danie Marais, sê die samewerkingsooreenkoms kom nadat LCD  ‘n  50% aandeel in Epko verkry het. Hy sê alle betrokkenis sal baat by die belegging.  
 
Marais sê sowat 120 000 ton sonneblomsaad word jaarliks by die aanleg verwerk en die kapasiteit daarvan kan na verwagting teen mid volgende jaar tot sowat 200 duisend ton per jaar verhoog danksy die geldelike inspuiting.
Sabrina Dean/OFM-nuus

Podcasts

Besturende direkteur van NWK, Danie Marais.:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.