On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Biobrandstofsperdatum waarskynlik nie gehaal

───   SABRINA DEAN 18:12 Tue, 17 Mar 2015

Biobrandstofsperdatum waarskynlik nie gehaal | News Article

Bloemfontein - Die regering gaan moet klarigheid gee oor pryse en subsidies vir die biobrandstofbedryf, indien hy die 1 Oktober 2015 sperdatum vir die implementering van sekere wetgewing rakende die bedryf wil haal.

Die uitvoerende hoof van Graan SA, Jannie de Villiers, het vanoggend in Bloemfontein gesê dié wetgewing behels onder meer, dat oliemaatskappye teen Oktober moet begin om klein persentasies biobrandstof in te meng by gewone brandstof.
 
Hy sê die graanbedryf het reeds begin voorberei:
 
'biobrandstof voorbereiding' 

De Villiers sê almal, insluitend beleggers wat beoog om biobrandstof-aanlegte te bou, wag op die minister van energie om ‘n aankondiging te maak.
 
"Ek kan nie sien dat ons die datum van Oktober 2015 gaan haal nie, selfs al sou die staat dit nou aankondig – die aanlegte neem 'n jaar of twee om gebou te word omdat dit baie kompleks is."
 
Hy sê ten spyte van die onsekerhede is die graanbedryf steeds baie optimisties. "Die biobrandstofbedryf kan nuwe werksgeleenthede skep en kan veroorsaak dat die land groener raak."
 
Sabrina Dean/OFM-nuus 

Podcasts

'biobrandstof voorbereiding':

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.