On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Deurbraak ná vlaag skaapdiefstalle

───   14:56 Thu, 09 Jan 2014

Deurbraak ná vlaag skaapdiefstalle | News Article
Dirk Kok - Die polisie se taktiese reaksiemag in die Vrystaat en die veediefstaleenheid op Bethulie het 'n deurbraak gemaak in 'n ondersoek na 'n vermeende veediefstalsindikaat wat die laaste maande honderde skape van derduisende rande op plase langs hoofpaaie tussen Bloemfontein en buurdorpe keelaf gesny en gesteel het.
Twee van die vermeende diewe, 'n voormalige hospitaalportier en 'n werklose man van die stad, is vasgetrek.
Volgens die polisie het die vermeende sindikaat skape op plase langs die N1 na Edenburg, die Jagersfontein-teerpad en die pad tussen Bultfontein en Soutpan gesteel.
'n Boer van Bultfontein, Johan Pretorius, het die ergste deurgeloop.
Op die plaas van regter Fouché Jordaan van die Vrystaatse hooggeregshof, by Glen, is 14 stoetooie en nog vier ooie van altesaam R80 000 keelaf gesny en gesteel.
Polisiewoordvoerder Harry Nagel sê die ondersoek duur voort.

mailto:dirk@centralmediagroup.co.za

Podcasts

Harry Nagel:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.