On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Foto's: VS-boer blink uit met vleismerino's

───   16:19 Fri, 21 Mar 2014

Foto's: VS-boer blink uit met vleismerino's | News Article
Dirk Kok - Die Vrystaatse SA Vleismerino-teler Jan van Biljon het vanjaar se SA Vleismerino-kampioenskapbyeenkoms oorheers.
Van Biljon, van die plaas Niekerksrust by Viljoenskroon, is as 2014 se ooiteler, ramteler en teler van kampioene aangewys. Hy het ook die Victor Ludorum ingepalm vir die meeste punte op die byeenkoms wat op die Bloemskou-terrein in Bloemfontein gehou is.
Twee ramme van sy Niekerksrust-stoetery is aangewys as die senior kampioenram en reserwe-kampioen. Dié twee ramme was onderskeidelik ook die swaargewigkampioen en reserwe-swaargewigkampioen.
Daarbenewens het hy ook die reserweplekke vir junior kampioenramme en ooilammers ingepalm en die junior kampioen-ooi op die kampioenskap gehad.
Jannie du Toit, van Riebeeck-Wes, het die ligswaargewigkampioen op die byeenkoms gehad.
Hannes Kotzé, van Morreesburg, het die kampioen ramlam en ook die ooilamkampioen gehad.
Die junior kampioenram op vanjaar se byeenkoms het behoort aan Van Aardt Greyling van Lady Grey.
 
 
Jan van Biljon se senior kampioenram (regs) en reserwekampioen op die SA Vleismerino-kampioenskapbyeenkoms in Bloemfontein. Van links, by die kamp-ioendiere, is Jaco Jonker, bestuurder van van Biljoen se Niekerksrust-stoet, John Melville, van CMW, Piet Phakoe, Trix en Jan van Biljon, en Hendrik Shuping. Foto: Dirk Kok
 
 
Van Aardt Greyling (middel), van Lady Grey, by sy junior kampioenram. Links is Voermol se Rob Harris en regs is Pietman Lande. 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.