On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Stamboek se elite-stoettelers aangewys

───   15:40 Wed, 30 Apr 2014

Stamboek se elite-stoettelers aangewys | News Article
Die boerderyvennote Jacques Moll en Hannes Pretorius, van Ficksburg, is Vleissentraal en SA Stamboek se elite-melkbeesstoettelers. Stamboek se elite-stoettelers vir 2014 is gisteraand op ’n gala-dinee in Bloemfontein aangewys. Moll en Pretorius, van die MD Foundation, is einde verlede jaar deur Stamboek en die Landbounavorsingsraad as die Vrystaat se meestersuiwelboere aangewys. In die nasionale kompetisie was hulle die naaswenners.
Stamboek se elite-vleisbeesstoetteler vir 2014 is die bonsmarateler Justin Stirk, van Port Alfred.
Die beste kleinveestoetteler is die dormerboer Johan Swart, van Swellendam.
Die voorste varkstoetteler is Peter Mockfort, van Polokwane. Die beste perdestoettelers is Tokkas en Andries van Heerden van Victoria-Wes.
 
 
 
Vleissentraal en SA Stamboek se Elite-stoettelers vir 2014. Voor, van links, is Peter Mockfort (varke), Pierre van Rooyen, hoofbestuurder van Stamboek, Anton Vos, besturende direkteur van Vleissentraal, en Johan Swart (kleinvee). Agter is Tokkas van Heerden (perde), Jacques Moll en Hannes Pretorius (melkbeeste) en Justin Stirk (vleisbeeste). Foto: Dirk Kok 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.