On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Boere gewaarsku teen kleinveepes (PPR)

───   16:00 Fri, 06 Jun 2014

Boere gewaarsku teen kleinveepes (PPR) | News Article
Dirk Kok - Die staatsveeartskantoor in die Noord-Kaap se Trudie Prinsloo het rooivleisboere gewaarsku dat kleinveepes of PPR (peste des petit ruminants) 'n al groter bedreiging vir Suid-Afrika word. 'n Uitbreking kan katastrofiese gevolge vir die land se kleinvee- en wildbedryf inhou.
Dié uiters aansteeklike en dodelike virussiekte, wat ook as die runderpes van bokke en skape bekend staan, het voorheen slegs noord van die ewenaar, in die suid-weste van Asië, die Midde-Ooste en Indië voorgekom. Dit kruip egter al verder suid en het verlede jaar in Angola uitgeslaan.
Prinsloo het aan boere op die kongres van die Noord-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie gesê die staatsveearts se kantoor in die Noord-Kaap doen voorkomende stappe.
Sy het boere gevra om waaksaam te wees teen enige ongewone siektes en hulle gewaarsku om hulle nie skuldig te maak aan die smokkelary van vee en wild oor die grense van Botswana en Namibië nie.

Podcasts

Trudie Prinsloo:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.