On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

'Roofdierverliese vir veeboere word ramp'

───   18:40 Thu, 14 Aug 2014

'Roofdierverliese vir veeboere word ramp' | News Article
Dirk Kok
 
Bloemfontein - Die predasieforum wat die roofdierprobleem vir die veebedryf hanteer, sê roofdierverliese kos veeboere nou jaarliks sowat R3 miljard, of meer as drie keer soveel as veediefstalverliese.
 
Dié forum wil sien dat die roofdierprobleem tot ’n nasionale ramp verklaar word.
 
Forumvoorsitter Harry Prinsloo het op die Rooivleisprodusente-organisasie se nasionale kongres in Bloemfontein gesê die roofdierprobleem is nou boere se enkele grootste probleem en bedreiging, naas veediefstal, dieregesondheid en hoë boerderykostes.
 
Hy sê terwyl diereregtegroepe groot druk op veeboere plaas, kan dit nie anders as dat probleemroofdiere uitgedun moet word nie.
 
Die forum onderskryf aanvaarde praktyke om dit te doen.


Podcasts

Harry Prinsloo:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.