On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Nerpo-leier kap Voerkraalvereniging oor Namibië-maatreëls

───   17:00 Tue, 19 Aug 2014

Nerpo-leier kap Voerkraalvereniging oor Namibië-maatreëls | News Article
Dirk Kok. - Onmin woed voort in die Suid-Afrikaanse veebedryf oor die streng dieregesondheidsmaatreëls vir die invoer van lewende hawe uit Namibië wat op 1 Mei in werking werking getree het.
Landbouminister Senzeni Zokwana het tot volgende week om te antwoord op besware van die SA Voerkraalvereniging teen dié maatreëls.
Die Rooivleisprodusente-organisasie en die produsente-organisasie vir opkomende rooivleisboere, Nerpo, het weer hul steun aan die landboudepartement en die direkteur van dieregesondheid, Mpo Maja, toegesê.
Nerpo se Aggrey Mahanjana sê die strenger maatreëls is in belang van dieregesondheid en die beskerming van die nasionale kudde en die Voerkraalvereniging is onpatrioties, geldgierig en selfsugtig om dit teen te staan.
Die uitvoerende direkteur van die Voerkraalvereniging, Dave Ford, sê hy gaan nie in ’n openbare debat met Mahanjana betrokke raak nie. Dié vereniging wag op Zokwana se reaksie en sal dan besluit watter stappe hy verder gaan doen en of hy hom tot die hof gaan wend.


Podcasts

Aggrey Mahanjana:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.