On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

RPO sien rooi oor opheffing van invoermaatreëls

───   16:58 Fri, 29 Aug 2014

RPO sien rooi oor opheffing van invoermaatreëls | News Article

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) sê hy is erg ontevrede omdat die streng dieregesondheidsmaatreëls vir die invoer van vee uit die buurlande, wat op 1 Mei ingestel is, nou weer deur die direkteur-generaal van landbou, Edith Vries, opgehef is. Die RPO sal die landbouminister en -departement voor die hof daag indien hulle nie die dieregesondheidswetgewing behoorlik gaan toepas nie.

RPO-voorsitter Lardus van Zyl sê die opheffing van die maatreëls plaas die gesondheid van die land se kudde in gevaar. Die RPO en rolspelers in die rooivleisbedryf sal minister Senzeni Zokwana en sy departement voor die hof daag as die wetgewing oor dieresiektes nie behoorlik toegepas word nie.
 
Van Zyl sê dit is onaanvaarbaar dat daar nou weer van vooraf hieroor onderhandel moet word.

Die opheffing van die regulasies kom ná besware van die SA Voerkraalvereniging dat daar nie genoeg gekonsulteer is oor die maatreëls nie.
 
Die RPO sê daar was genoeg konsultasies en die Voerkraalvereniging was deel daarvan.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 


Podcasts

Lardus van Zyl:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.