Agriculture
Kommer oor veeboere wat wildboere word─── 16:42 Tue, 16 Sep 2014
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se Vrystaatse voorsitter, Neels de Villiers, sê gevaarligte flikker vir veeboere en verbruikers as gevolg van die wildbedryf wat al hoe groter word én al hoe meer rooivleisboere wat oorbeweeg na wildboerery toe.
De Villiers sê in hierdie stadium lê daar 2 000 aansoeke vir die vestiging van wildplase by die owerheid.
Die voortslepende uitbreiding van die wildbedryf kan oor die lang termyn tot 'n kleiner vraag na rooivleis en duurder vleispryse vir verbruikers lei.
De Villiers was vandag een van die sprekers op die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat se jaarlikse industriedag vir landbou-instellings en hul beurshouers.
Die RPO is een van die instellings wat 'n student aan die departement landbou-ekonomie se nagraadse studies borg.
Dirk Kok/OFM-nuus