On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Minder veediefstalklagte ingedien

───   16:19 Thu, 25 Sep 2014

Minder veediefstalklagte ingedien | News Article

Bloemfontein - Luidens die jongste misdaadstatistieke is 14% minder veediefstalklagte in die laaste boekjaar by die polisie aangemeld. Net meer as 28 000 klagte is by die land se polisiekantore ingedien.

Luidens die statistieke loop KwaZulu-Natal se boere steeds die ergste deur, met 'n kwart van die land se veediefstalklagte wat in dié provinsie ingedien is.
 
Die Oos-Kaap is daarna die slegste daaraan toe, gevolg deur die Vrystaat.
 
In Gauteng is 29% meer klagte ingedien en in Limpopo was daar 'n effense toename.
 
In die res van die provinsies is, luidens die statistieke, minder klagte ingedien.
 
Die grootste afname in klagte was in die Noord-Kaap.
 
Die Rooivleisprodusente-organisasie se uitvoerende hoof, Gerhard Schutte, sê daar is boere wat uit frustrasie uit nie meer veediefstalle by die polisie aanmeld nie. Die RPO versoek boere egter om elke veediefstal by die polisie aan te meld, omdat hierdie statistieke die barometer is waarvolgens planne gemaak en stappe gedoen word teen veediewe.
 
Schutte sê die land se boere verloor minstens R750 miljoen per jaar as gevolg van veediefstal.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.