On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

RPO gaan met Zokwana praat oor invoermaatreëls

───   15:52 Fri, 26 Sep 2014

RPO gaan met Zokwana praat oor invoermaatreëls | News Article

Bloemfontein - Die Rooivleisprodusente-organisasie se uitvoerende hoof, Gerhard Schutte, sê die RPO hoop om binne die volgende twee weke met landbouminister Senzeni Zokwana te vergader oor die onlangse opheffing van strenger maatreëls vir die invoer van vee uit die buurlande uit. Schutte sê die RPO het besluit om eers verdere gesprekke oor die opheffing van die maatreëls te voer, eerder as om hom dadelik tot die hof te wend.

Die strenger maatreëls wat vroeër vanjaar ingestel is, is skielik opgehef ná besware van die SA Voerkraalvereniging dat daar nie behoorlik oor die maatreëls en die instelling daarvan gekonsulteer is nie.
 
Organisasies soos die RPO en die bedryfsorganisasie vir opkomende rooivleisboere, Nerpo, is ontevrede oor die opheffing van die strenger maatreëls en sê dit hou ’n gesondheidheidsbdreiging vir die nasionale kudde in.
 
Schutte sê nuwe invoermaatreëls gaan nou van voor af in die staatskoerant afgekondig moet word, vir ’n konsultasieproses daaroor. Intussen wil die RPO sy saak verder aan die landbouminister stel.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.