On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Mequatling-Angusstoet as beste in land gekroon

───   14:28 Wed, 22 Oct 2014

Mequatling-Angusstoet as beste in land gekroon | News Article

Bloemfontein. - Die eienaars van die internasionaal bekende Mequatling-Angusstoet by Clocolan in die Oos-Vrystaat, Philip en Vicky Barnard, het Molatek se eerbewys vir die land se Kommersiële Beesboer van die Jaar ingepalm.

Die Barnard-egpaar se kudde is een van die oudstes in die land.

Hul telery bestaan uit 1 000 Angus-koeie waarvan 40% geregistreer en prestasiegetoets is en 60% kommersiële diere.

Hul fokus onder meer op goeie reproduksie en genetika en die lewering van hoë gehalte stoetdiere en kommersiële diere aan Suid-Afrikaanse boere en internasionale kopers.

Mequatling was die eerste stoet om embrio’s na Amerika en Suid-Amerika uit te voer.

Die stoet was ook al die land se Stoetteler van die Jaar en Philip is vroeër deur die Landbouskrywers SA as Vrystaatse Boer van die Jaar aangewys.

Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.