On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Departemente en polisie bekyk informele slaghuise

───   16:40 Thu, 06 Nov 2014

Departemente en polisie bekyk informele slaghuise | News Article

Bloemfontein - Die hoof van die Vrystaatse landboudepartement, Peter Thabethe, sê sy departement is bekommerd oor sogenaamde informele slaghuise wat rou afval en vleis by pensioenuitbetalingspunte smous.

Thabethe het aan die wetgewerkomitee oor ekonomiese ontwikkeling gesê die landboudepartement gaan saam met die polisie en gesondheidsdepartement verseker daar is nie onwettighede nie. Wetgewing en regulasies oor gesondheidheid en higiëne móét nagekom word.
 
Thabethe het op vrae van komiteevoorsitter Thabo Meeko gesê die landboudepartement wil nie entrepreneurskap ondermyn nie, maar het 'n verantwoordelikheid.
 
Daar hang vrae oor waar die vleis vandaan kom en of van die vee nie moontlik gesteel is nie. Daar is ook nie sekerheid oor waar en hoe die diere geslag word nie.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.