On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

'Onwettige verskuiwing van vee, wild skep probleme in VS'

───   16:47 Thu, 06 Nov 2014

'Onwettige verskuiwing van vee, wild skep probleme in VS' | News Article

Bloemfontein - Die hoof van die Vrystaatse landboudepartement, Peter Thabethe, sê vee- en wildboere wat diere onwettig sonder permitte verskuif of oor die provinsie se grense bring, besorg sy departement hoofbrekens.

Thabethe het aan die wetgewerkomitee oor ekonomiese ontwikkeling gesê sy departement is bewus van vee en veral baie buffels wat oornag sonder veeartsenykundige verskuiwingspermitte verskuif word.
 
Hy het gesê die onwettige verskuiwing van vee en wild is 'n bedreiging vir die provinsiale vee- en wildkuddes.
 
Die landboudepartement het die polisie gevra om sulke boere vas te vat en om beslag te lê op vee en wild wat onwettig verskuif word.
 
Thabethe het gesê sy departement het begroot om in die laaste boekjaar minstens 800 verskuiwingspermitte uit te reik, maar het slegs 434 aansoeke ontvang.
 
Nog 'n kwelpunt is boere wat steeds nie hul vee merk nie. Die departement sal verseker dat ongemerkte vee nié op veilings verkoop kan word nie.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.