On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

RPO wíl strenger invoermaatreëls hê

───   12:33 Tue, 11 Nov 2014

RPO wíl strenger invoermaatreëls hê | News Article

Bloemfontein - Die Rooivleisprodusente-organisasie se voorsitter, Lardus van Zyl, sê hulle het hul skietgoed gereed om weer by die landboudepartement te pleit vir strenger maatreëls vir die invoer van vee uit die buurlande uit.

Strenger maatreëls wat vroeër deur die landboudepartement se direkteur van dieregesondheid, Mpho Maja, ingestel is, is eers weer opgehef ná besware van die SA Voerkraalvereniging dat daar nie behoorlik oor die nuwe maatreëls gekonsulteer is nie.
 
Die RPO en sy regspan het nou weer 'n voorlegging aan die landboudepartement voorberei vir die nuwe konsultasieproses wat voorlê.
 
Van Zyl sê Maja se strenger maatreëls strook met Suid-Afrika se wetsvoorskrifte en die riglyne van die Internasionale Organisasie vir Dieregesondheid (OIE).
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

Podcasts

Lardus van Zyl:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.